Ollie-geslagsregister: hoe om dit te verstaan


 
i. Diagram -- so is die register ingedeel:


Om die register ''gebruiksvriendeliker'' te maak, is dit in twintig lyste ingedeel.
Lys 1 bevat die stamouers se besonderhede, Lys 2 die besonderhede van
hul dertien kinders, en Lyste 3 en 9 dié van die kinders van die twee oudste
seuns.
Die verdere nasate van hierdie twee seuns vind ons dan in 'n aantal
afsonderlike lyste.
Omdat die vier jonger seuns se nasate nie so talryk is nie, het ons dit nie
nodig gevind om hier afsonderlike lyste vir die stamouers se kleinseuns te
maak nie.


ii. Hoe om jou eie genealogie tot by die stamvader te bepaal:

Die bekende praktyk is gevolg waar a die stamvader se simbool is, b1, b2, b3, b4, ens. sy kinders, c1,c2,c3, c4. ens. sy kleinkinders, en so meer.
Waar geboortedatums nie verkry kon word nie, en daar dus twyfel bestaan oor persone se numer>ere posisie binne-in 'n gesin, is nommers agteraan die syfers weggelaat, byvoorbeeld
f, f, f, f . . .
Om jou voorsate in opvolging tot by die stamvader
te vind: Gestel jy is g2. Beweeg nou boontoe totdat jy by die eerste f uitkom. Gestel dit is f1. Hy is jou pa. Beweeg nou weer boontoe tot jy by die eerste e uitkom. Dis miskien e7. Hy is jou oupa. So gaan jy voort na die eerste d, c, b -- in daardie volgorde -- totdat jy by a uitkom.


iii. Die afkortings in die register:
 
* : gebore
X : trou met
+ : oorlede
s.v. : seun van

DR. : spelling van naam in doopregister
(Ned Geref Kerk)
SK. : spelling van die van in amptelike
sterfkennis
W : waarskynlike posisisie in gesin

Afkortings van bronne:
[D]: Doopregister; [L]: Lidmaatregister;
[T]: Huweliksregister; [S.e]: Eie
sterfkennis;
[S.p] , [S.m] , [S.v.] , [S.s] , [S.d] :
Onderskeidelik pa, ma, vrou, seun,
dogter se sterfkennis
[J] : Opgaafrolle v.d. veldkornet(te)
[AA] : Ander argiefstukke
[F] : Familiebronne

= : gedoop
XX : trou weer met
c. : ongeveer/omstreeks
d.v. : dogter van

TR. : spelling van naam in
huweliksregister
V. : spelling van die van volgens
eie mededeling of nabye familie














Om terug te keer na INHOUDSOPGAWE klik hier


© 2000 G Olwagen Posbus 4144 Old Oak 7537
dugeot@iafrica.com