*****************************************
LYS NOMMER 6 -
DIE ENIGSTE DOGTER VAN DIE
STAMVADER SE KLEINKIND
a.b1.c3. DANIEL JOHANNES
(of Johannes Daniel)

****************************************

a. DIE STAMVADER DETLEF CHRISTIAN OL(DE)WAGE van Barver naby Diepholz in Nedersakse Noordwes-Duitsland. X DIE STAMMOEDER ANNA MARGARETHA HENN. KYK LYS NOMMER 1 VIR BESONDERHEDE.

b1. DIE OUDSTE KIND VAN DIE STAMVADER: JAN DANIEL meer dikwels aangedui as JOHANNES DANIEL, geboortedatum onbekend, gedoop Kaapstad 3 April 1796. X CATHARINA JOHANNA NIEMAND. KYK LYS NOMMER 2 VIR BESONDERHEDE.

c3. DANIEL JOHANNES (doopnaam), meer dikwels aangedui as JOHANNES DANIEL, * 14 Feb. 1826, = Worcester 30 April 1826. Saam met broers Christiaan Daniel en Andries Johannes op 30 Sept. 1843 aangeneem in gemeente Caledon. X Worcester 24 Mei 1853 MARIA JOHANNA DU TOIT (20 jaar). Net een kind, 'n dogter, van die egpaar is opgespoor: doopregister Franschhoek. Geen sterfkennis van hom is gevind nie. As die sterfkennis van hul dogter as leidraad kan dien, is hy moontlik as Villiersdorper oorlede: hy word daarin aangedui as van Villiersdorp. Sy weduwee sterf egter as waarskynlike Vrystater in die konsentrasiekamp te Norvalspont op 12 Junie 1901 (Anglo-Boereoorlog). Haar sterfkennis is onderteken deur die dogter Maria Sophia (Olwagen) van der Merwe (kyk d1 hieronder).
/ DR.: OLWAGE. / LR.: OLWAGE. / TR.: OLWAGE. / VROU SE SK.: OLWAGEN. [D/L/T/S.v]

d1. Enigste kind: MARIA SOPHIA, * "Radyn", Villiersdorp, 12 Sept. 1854, = Franschhoek 8 Okt. 1854. X Phillipolis OVS JACOBUS JOHANNES VAN DER MERWE. Egpaar woon te Philippolis. Sy + Philippolis 25 Junie 1916 en laat haar man en een seun agter: JOHANNES DANIEL JACOBUS VAN DER MERWE, * 12 MAART 1897. Testament van roerende sowel as onroerende eiendom dui ten minste op 'n redelike vermoëndheid. Skrywer het einde 1995 navraag gedoen by huidige Van der Merwes op Philippolis, onder meer 'n senior dame wat reeds sedert 1921 daar woon, met die doel om lewende afstammelinge te probeer vind wat dalk net die vae prentjie van hierdie vertakking kan help inkleur. Die naam Johannes Daniel Jacobus van der Merwe is egter aan hulle onbekend.
/ DR.: OLWAGE. / SK.: OLWAGEN [D/S.e: VAB MHG M3406]


Om terug te keer na INHOUDSOPGAWE klik hier


© 2000 G Olwagen Posbus 4144 Old Oak 7537
dugeot@iafrica.com