AMPER DOOD!
No.16 (16/10/1998)
"Die keer met die olifant!" sę Dok Sarel. "As ek nie so blitsig
agteruit gestoot het nie, het daai gedierte ons almal platgetrap."
"Die keer toe hulle my wou kaap, en 'n gat deur my deur geskiet het!"
sę ek. "Maar danksy die genade het hulle te laag geskiet en die koeël het
in die sitplek vasgeslaan."
"Die keer met die vuur in Koeweit!" sę Hermias. "As Samuel so hopeloos
was met die sakke en takke soos julle klomp, het ons daai dag uitgebrand."
"Nee, manne, die keer toe die spoegkobra my in die gesig gepik het! Eers
is ek amper dood van die gif, en kort nadat ek uit die hospitaal gekom het,
het ek 'n helse abses by die bytplek gekry. En toe ek amper gesond is,
ontwikkel ek 'n vertraagde allergie vir die teengif. Perdesiekte, né Dok?"
troef vriend Hay ons.
"Serumsiekte, vriend Hay," help Dok hom reg.
Ons ouens sit hier om die Hardekoolvuur langs die Olifants en teug aan
aan die blikbekers, terwyl ons mekaar verskrik met grusame stories van hoe
ons al amper dood was.
"Een keer was ek amper vrek gewees," sę Solomon, wat normaalweg nie aan
dié gesprekke deelneem nie, terwyl hy die pappot roer. Jongeling Dunn wil
iets sę, maar toe hy die manier sien waarop Dok Sarel na hom kyk, bedink hy
hom.
"Hoe so, Sollie? Was dit 'n leeu of 'n krokodil?" vra vriend John.
"Baie erger,"sę Sollie. "In 1973 kom baas Andrč hier. Hy sę daar is nie
meer petrol nie, want die Arabiere wil nie verkoop nie. Toe's dit moeilikheid,
want ons moet mielies plant. Baas Andrč sę ek moet 12 Brahmaan osse leer om
die ploeg te trek. Ek sukkel vir 3 weke. Madala help vir my, maar julle weet
mos hy's baie swak. Anderkant 3 weke toe loop daai osse mooi. Ek laat weet
die baas kan maar kom. Die volgende week, toe kom laai hy vir ons."
"Daar anderkant Gravelotte ploeg ons toe om die mielies te plant. Daai
land lę alkant van die pad. Ons ploeg eers eenkant van die pad. Soos ons
maak klaar, ek loop met die osse oor die pad."
"Soos ek kom by die middel van die pad, van Gravelotte se kant kom 'n
kar oor die bult. Massaratti. Daai man hy ry baie vinnig. Soos hy kyk op,
ekke staan in die pad met die osse. Daai man jaag van die pad, deur die
draad, deur die klaar geploegde land, anderkant weer deur die draad. Weg,
Tzaneen se kant toe."
"Ek en baas Andrč gaan kyk mooi waar daardie kar gery het. Ek sę vir
baas Andrč:
'Vandag ons was amper dood gewees. Soos ons het nog by daardie
land geploeg, daardie man hy ry vir ons moer toe'! "
[ENGLISH SUMMARY:The chat around the fire deals with close
encounters with death. Solomon, the local labourer, tells the chaps how in
1973, as a result of the oil crisis, he had to train oxen for ploughing
purposes. The field they had to plough, was on both sides of the road. After
finishing on the one side, he led the oxen across the road. At that moment
a Maseratti driving at very high speed, appeared over the hill. To avoid an
accident, the driver drove through the fence, through the ploughed field,
through the fence again, and back onto the road.
After witnessing this, Solomon told his employer that they had almost
been killed - if they were still ploughing the field, the Maseratti would
definitely have killed them!]