kremetart1.jpg



RENOSTERHORING!


No. 47 (28/4/2000)

"Hoekom skiet julle nie die bliksem nie! Kyk nou hoe lyk my kar!" weeklaag Jongeling Dunn waar ons langs die Hardekoolvuur by die Olifants sit en bewe.

Jongeling se wroeging spruit voort uit die netjiese gat in die deur van sy Discovery, gemaak deur 'n verwoede renosterbul. Dié tyd van die jaar, voor die reëns kom, is die veld maar eina, en word voer uitgesit om die paar renosters aan die lewe te hou. Met voertyd móés ons natuurlik na hulle gaan kyk. Ons het diep gedelf in die blikbekers, en Jongeling kon nie naby genoeg stilhou na ons sin nie. Natuurlik het die renoster nie ons entoesiasme gedeel nie, en dit baie duidelik aan ons bekend gemaak!

"Omdat 'n Discovery nie 'n bedreigde spesie is nie, en jy hopelik verstandig genoeg is om omvattende versekering te hê," antwoord vriend Hay hom baie netjies.

"Ons kon almal vrek gewees het, en dan sou omvattende versekering bokkerôl beteken het," sê Jongeling. "Dis net jammer daai horing het nie in die deur afgebreek nie, ek kon wins gemaak het uit die ding!"

"Wat jy sê, is nogal waar," sê vriend Hay, "maar persoonlik dink ek ons sou hom eerder moes fynmaal vir eie gebruik!"

"Dok, is Viagra beter as renosterhoring?" vra Hansman nadat die implikasies van Vriend Hay se woorde ingesink het.

"Ek sou sê dit hang af wat jy in gedagte het," sê Dok Sarel terwyl hy aan sy whisky teug. "Anders as wat almal geneig is om te glo, is Viagra nie 'n afrodisiak nie,"

" 'n Watse ding, Dok?" vra Jongeling.

"Afrodisiak, Jongeling, opkikker of seksstimulant as jy beter sal verstaan. Viagra werk net vir iemand wat 'n probleem het om te doen wat hy graag wil, en soms moet doen."

"Met ander woorde, dis nie bedoel vir ouens soos ek en Hansman nie," sê vriend Hay vol selfversekering.

"Afhangend natuurlik of jou klem op moét of wíl val!" sê Dok. "Maar ek moet sê, daar is ook geen bewyse dat renosterhoring enige waarde in die opsig het nie."

"Daarmee sal Koos Willemse wat veldwagter op Skukuza is nie met jou saamstem nie, Dok," onderbreek Nick Smith.

"Hy sê die laaste keer wat hy fyngemaalde renosterhoring gesnuif het, het hy 'n Toyota LandCruiser 3 dae lank deur die bosse gejaag!"

[ENGLISH SUMMARY:
This story is best summarized by a limerick written by the author as part of a Viagra limerick competition ran by Diversions magazine:

A horny young ranger from Tzaneen
Says Viagra's not the best he's seen
But take horn of rhino
And before you ask "Why?" know
You'll be charging 'Cruisers and Jeeps, I mean!


PS: It didn't win, but should have, of course!]





TEKEN ASB. MY BESOEKERSBOEK!



TERUG NA DIE HARDEKOOLVUUR!