kremetart1.jpg



RUGBY in DURBAN!


No.56 (30/4/2001)

"Wat ek wil weet is hoekom jy alewig laat is?" vra Jongeling Dunn, waar ons laataand om die Hardekoolvuur langs die Olifants sit.

"Ja, jou laatkommery raak nou vervelig, en ons is moeg daarvoor," beaam sy Ouboet.

"En die bekommernis oor jou welstand maak ons dood," gooi Dok Sarel sy stuiwer by.

"Askies my, maar as julle dit dalk nie weet nie, sommige mense het werk om te doen," kap vriend Hay terug, "en voor dit nie afgehandel is nie, kom werk voor plesier."

"Verskonings, verskonings." sę Jongeling. "Jy sal nog eendag laat wees vir jou eie begrafnis."

"Jongeling, ek sien jou lippe is lekker los vanaand," sę vriend Hay, ietwat geïrriteerd, "maar jy is die laaste een wat kan praat. So gevrek soos wat jy is, wonder ek of jy ooit by jou eie begrafnis sal uitkom!"

"Kyk, jy kan nou nie juis ontken dat jy laatkom tot 'n kuns ontwikkel het nie," sę ek, "maar mag ek vra of jy al ooit in jou lewe betyds was vir iets?"

"Ja," sę vriend Hay, "laas jaar toe ons die toets teen die All Blacks in Durban gaan kyk het. Kort voor toemaak tyd die Vrydagmiddag bel my vrou mos, en sę ek moet 'n brood en 'n liter melk by die kafee optel op pad huis toe. Toe ek voor die kafee stop, hou Klein Koos-hulle langs my stil.

'Gaan jy saam?' vra Klein Koos.

Hulle is toe op pad Durban toe, en het 'n ekstra kaartjie wat hulle sal ruil vir twee kaste bier. Toe reken ek ek was darem lank laas in Durban, en ek sal graag wil sien hoe die Bokke die All Blacks se neuse 'n slag in die gras vryf. My bakkie los ek sommer voor die drankwinkel nadat ons die bier opgelaai het.

Ons het baie gekuier langs die pad, en moes so baie stop weens die bier, dat ek nie gedink het ons gaan betyds wees nie. Maar wat, toe ons die snelweg anderkant Ladysmith vat, toe sit Klein Koos voet in die hoek, en 5 voor 3 toe sit ons in die pawiljoen, betyds!"

"Magtig!" sę Dok Sarel, "wanneer kom julle toe weer terug?"

"Ek kan nie eers onthou waar ons geslaap het nie," sę vriend Hay, "maar ek was vrek moeg toe ek Sondagaand sesuur by die huis kom."

"Jou vrou was seker woedend dat jy net so verdwyn het vir die naweek, of het jy haar darem iewers langs die pad gebel?" vra vriend John.

"Daar was nie tyd vir bel nie, my maat," sę vriend Hay, "en sy was nie juis kwaad oor ek weg is vir die naweek nie. Maar sy was erg moerig oor ek die brood en melk vergeet het!"

[ENGLISH SUMMARY:Friend Hay tells the guys how his wife phoned him one Friday afternoon, requesting him to fetch her bread and milk on his way home. As he stopped at the cafe, Klein Koos pulled up next to him, enquering whether Friend Hay would be interested in going with them to Durban for the next day's rugby test. It was an opportunity not to be missed, so without even informing his wife, he joined them, and they left for Durban. They had a roaring time, and arrived back home late on Sunday afternoon.
Someone wants to know whether his wife wasn't furious with him for disappearing just like that for the weekend.

"No," says Friend Hay, "but she was furious because I've forgotten the bread and milk!" ]





TEKEN ASB. MY BESOEKERSBOEK!



TERUG NA DIE HARDEKOOLVUUR!