kremetart1.jpg



Die BUFFELVANGS!


No.59 (30/9/2001)

"Dit was nou vir jou opwindend!" sê vriend John, waar ons om die Hardekoolvuur langs die Olifants sit.

"Ja, die gemak waarmee die leeus daai buffel platgetrek het, wys net hoe sterk hulle regtig is," beaam ek, terwyl Hansman die blikbekers optop.

"Dit bevestig min of meer iets wat ek onlangs raakgelees het," sê Ouboet Dunn, "naamlik, dat 'n leeu kilogram vir kilogram die sterkste dier in Afrika is."

"Wel, noem my maar 'n sissie, maar die hele episode het my gewalg," openbaar Hansman 'n sensitiewe aspek van sy mondering. "Ek meen, daai angsbulke van die buffel, die bloed, en die ergste van alles, hulle byt nie die buffel dood nie, hulle versmoor hom. Hoe lank het dit aangehou, 20 minute, 'n halfuur? Miskien nog langer. Kan julle dink hoe dit moet voel om so te vrek? En dan sê sommige mense wildehonde is wreed om diere lewendig te vreet!"

"Wat ek nie verstaan nie," sê Jongeling Dunn nadat hy sy soveelste blikbeker geledig het, "is dat die res van die buffels net op 'n afstand gestaan en kyk het. Ek meen, daar was omtrent 100 buffels in daai trop, en as hulle wou, kon hulle daai 3 leeus maklik verjaag het."

"Die natuur ken nie van wreed wees nie, manne, hy gaan maar net sy gang soos wat hy moet," werp Dok Sarel 'n meer sober blik op die gebeure, terwyl hy teug aan sy whisky. "In die geval van 'n trop buffels beweeg hulle teen die spoed van die stadigste en swakste individue. Die leeus verstaan dit, en vang juis daardie individue. Die eindresultaat is dat dit die trop versterk, en die buffels weet dit, daarom het hulle niks gedoen om hulle makker te help nie."

"Dok meen, dit werk soos 'n mens se brein?" vra Jongeling.

"En presies hoe werk 'n mens se brein, Jongeling?" vra Dok verras.

"Dok sien, terwyl jy nou so mooi verduidelik het van die trop buffels, het ek so gedink," sê Jongeling, en gaan nogmaals gemoedelik om met die blikbeker, "die menslike brein funksioneer waarskynlik ook teen die spoed van die stadigste en swakste breinselle. Soos ons nou hier sit, weet ons almal dat oormatige inname van alkohol breinselle doodmaak. Nou't ek gedink, die alkohol maak seker ook die swakste breinselle eerste dood, met die gevolg dat die brein 'n meer effektiewe masjien word!"

"Dit verklaar hoekom jy skielik so slim is, Jongeling!" sê vriend Hay.


[ENGLISH SUMMARY:In the aftermath of a lion kill on a buffalo, the chaps discuss the merits of what they have witnessed. The general feeling is that it showed how strong an animal a lion really is. Hansman states that he found it a particularly cruel experience, and Youngster Dunn wonders why the rest of the 100-strong herd of buffalo did nothing to help the victim.

Doc Sarel explains that nature does not know cruelty. He also states that a herd of buffalo moves at the speed of the slowest and weakest members. By catching these weak members, the lions actually strengthen the herd as a whole.

Yougster Dunn, who has helped himself generously to the red wine, says that he thinks the human brain functions in much the same way, namely at the speed of the slowest and weakest braincells. Since it is a known fact that excessive consumption of alcohol kills off braincells, he deducts that by killing off the weakest braincells, alcohol actually causes the brain to be a more efficient machine.

To which friend Hay replies that that is exactly the reason why youngster Dunn is so clever at that moment!]





TEKEN ASB. MY BESOEKERSBOEK!



TERUG NA DIE HARDEKOOLVUUR!