Henri se
(ALTERNATIEWE)
RUGBYBLAD
RUGBY, so vêr my kennis strek, is die
enigste sportsoort wat in die hemel ontwerp is. My predikant sê so, en oor
die algemeen is hy nie 'n ou wat baie lieg nie. Hy sê ook die hemel is een
groot rugbyveld waar 'n mens dag in en dag uit rugby speel. Sonder om seer
te kry. En daar is nie Australiese of Nieu-Seelandse skeidsregters nie. 'n
Baie goeie bewys dat die hemel werklik hemel is.
Hierdie blad is opgestel in 'n beskeie poging om die evangelie van RUGBY
wêreldwyd te versprei. Volg net die skakels na die verskillende aspekte van
die sport. Die leek wat hierdie blaaie onder die knie kry, staan 'n baie
goeie kans om vir sy land te speel. Veral as hy in plekke soos Wallis of
Skotland bly.
Hou in gedagte dat feite foute op hierdie blaaie kan voorkom, en ek sal
dit waardeer as dit onder my aandag gebring word.