luiperd.jpg: Luiperd

BELANGSTELLINGS:

Afgesien van die reeds genoemde rooiwyn, sport en stories, is ons baie lief vir die natuur, en gaan gereeld op kampvakansies.

Nog elke keer dat Engela swanger was, het ons iewers getoer - Jacques in Kenia, Nandi in Zimbabwe, en Marli in Namibië!

Ons het ook al besoek afgelê in Botswana, Malawi(wittebrood) en Swaziland. Voor ons troue het Engela die Seychelle besoek.

Ek is baie lief vir inheemse bome, veral Akasias. Ek boer met doringbome, soos Jacques dit stel, bedoelende dat ek probeer om hulle te bonsai, en het ongeveer 30 spesies aan die groei.

* * *

[TUIS] [ONS] [KINDERS] [OMGEWING] [GUNSTELINGE] [HARDEKOOL] [SKAKELS] [ADRESBOEK] [ENGLISH]