ONS OMGEWING:

modjadji.jpg: Ons Omgewing


Tzaneen is geleë aan die voetheuwels van die noordelike Drakensberg, hier genoem die Wolkberg.

Die foto bo, geneem in die Modjadji Broodboomreservaat, bied 'n goeie beeld van hoe dit hier lyk. Terloops, die reservaat het die hoogste konsentrasie van 'n enkele broodboomspesie ter wêreld, die Modjadjibroodboom (Encephalartos transvenosus), en letterlik duisende van hulle kom hier voor in 'n gebied van 305ha. Die naam 'Modjadji' kom van die legendariese reënkoningin, wie se nageslagte steeds die bewaarders van die reservaat is.

Ons het 'n subtropiese klimaat, en vrugte soos piesangs, papajas, avokado's, mango's en litchi's, asook heelwat sitrus word hier verbou. Dit is 'n belangrike bosbou area, en ook tee word geproduseer.

* * *

[TUIS] [ONS] [KINDERS] [BELANGSTELLINGS] [GUNSTELINGE] [HARDEKOOL] [SKAKELS] [ADRESBOEK] [ENGLISH]