Ontstaan


Amptelike bronne wil dit hê dat RUGBY sy onstaan in 1823 in Rugby, Engeland, gehad het toe ene William Webb ELLIS die bal tydens 'n sokker wedstryd opgetel, en daarmee begin hardloop het. Soos enige sprokie en fabel is dit goed om te onthou, maar glo vir my, dít is die grootste snert sedert ons voorsate met houtskool op grotmure begin krap het. Daar is 'n hele aantal bewyse wat dit weerlê:

1) Ons weet almal dat in sokker ELLIS onmiddellik 'n rooi kaart sou ontvang het, en dit sou die einde van die storie gewees het.

2) 'n Edel sport soos RUGBY kon onmoontlik uit 'n non-sport soos sokker ontstaan het. Persoonlik dink ek dit is 'n set van sokker om status aan hul 'sport' te verleen.

3) Daar is genoeg bewyse dat 'n Engelsman nóóit met 'n bal hardloop nie.

4) Niemand kon nog ooit bewys dat RUGBY in Rugby gespeel is nie. Om die waarheid te sê, niemand kon nog ooit bewys dat RUGBY in Engeland gespeel is nie.

5) Enige iemand wat enige iets van RUGBY weet, weet dat die enigste ELLIS wat ooit RUGBY gespeel het, JAN ELLIS van SA was.

Daardie verspotte teorie nou uit die weg geruim, kan jy my woord (en my predikant s'n) aanvaar dat die spel uit die hemel op ons neergedaal het. Die woord 'RUGBY' is 'n verkorting van die oud-Hebreeuse frase 'RA-UGH-BEY' wat vryelik vertaal beteken 'Hooligan's Game Played by Gentlemen'.

* * *

Terug na die RUGBYBLAD!